President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners verseker dat besonderhede oor die verkryging van die Covid-19-entstof verskaf sal word

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners verseker dat besonderhede oor die verkryging van die Covid-19-entstof verskaf sal word sodra onderhandelinge afgehandel is en die vertroulikheidsklousules opgehef is.

In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa hy weet van kommer wat bestaan dat die regering nie deursigtig is oor sy pogings om entstof te bekom nie.

Volgens Ramaphosa sal ‘n omvattende inentingsplan en logistieke raamwerk in samewerking met die privaatsektor, burgerlike organisasies, tradisionele leiers en ander sektore in werking gestel word.

Luister na potgooie hieronder