President Cyril Ramaphosa het vanmiddag begin met sy repliek op die staatsrede-debat. Dít tydens ʼn gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies. Met die kragkrisis wat die debat grootliks oorheers het, het president Ramaphosa ook daarop gefokus. Hy sê hy erken dat die kragkrisis ʼn demper plaas op die vordering wat in die land gemaak word. Hy sê verder dit is almal in die land se verantwoordelikheid om oplossings te vind en om klippe na mekaar te gooi help nie.