President Cyril Ramaphosa is oortuig dat bande tussen Afrika en die VSA verder versterk kan word met Joe Biden as Amerika se president

President Cyril Ramaphosa is oortuig dat bande tussen Afrika en die VSA verder versterk kan word met Joe Biden as Amerika se president.
Ramaphosa en Biden was telefonies in verbinding en het in die telefoongesprek wyses bespreek oor hoe die bilaterale bande tussen Suid-Afrika en die VSA ook kan verbeter.
Hulle het ook gesels oor hoe die nagevolge van die coronaviruspandemie op die vasteland oorkom kan word.
Biden het op sy beurt gesê hy is beïndruk met wat demokratiese Suid-Afrika tot dusver bereik het.

Luister na potgooie hieronder