President Cyril Ramaphosa lei die eerste Presidentsraad vergadering oor Staatinstellings

Vandag sal President Cyril Ramaphosa die eerste Presidentsraad vergadering oor Staatinstellings lei.

Die raad wat bestaan uit 10 lede is in Junie vanjaar aangestel om staatsinstellings se finansiële en bestuursprobleme te ondersoek.

Die raad sal die regering help om die staatsinstellings te herposisioneer as doeltreffende instrumente vir ekonomiese transformasie en ontwikkeling.

Ander pligte wat deur dié raad na omgesien sal word sluit in die hersiening van staatsinstellings se sakemodelle, die ondersoek van finansieringsbronne asook risiko bestuur.

Luister na potgooie hieronder