President Cyril Ramaphosa, meen die apartheidsregering was ook korrup, en dat die ANC nie alleen die skuld vir korrupsie in die land moet kry nie.
Volgens hom behoort die bewerings uitgedaag te word, dat korrupsie ‘n uitvloeisel van die ANC se bewind is.
Hy het gister, as hoofspreker by die Nasionale Teen-korrupsie Dialoog in Boksburg, gesê die afgelope paar dekades van korrupsie het die land se ekonomie lam gelê, en dat korrupsie ook ‘n reusebedreiging vir Suid-Afrika se demokrasie inhou.
Die Zondo-komissie se ondersoek na staatskaping is vir sy werk geloof.
Die president het bygevoeg die werklike omvang en impak van staatskaping, kom egter nou eers werklik aan die lig.