President Cyril Ramaphosa sal die land vanaand om 8-uur weer toespreek

President Cyril Ramaphosa sal die land vanaand om 8-uur weer toespreek.
Dit volg nadat Corona-virusinfeksies die afgelope paar dae die hoogte ingeskiet het.
Daar is ook ‘n beroep op die president gedoen om skole eers in Februarie te laat heropen.
Die Drankhandelaarsvereniging sê intussen die lewensbestaan van mense moet in ag geneem word wanneer besluite geneem word oor die verbod op drankverkope.
Die vereniging het ‘n brief aan die regering geskryf waarin gevra word dat lewens gered moet word, maar mense ook gehelp moet word om ‘n bestaan te maak.
Die sameroeper van die vereniging, Lucky Ntimane, sê hulle sal graag wil sien dat die verkoop van drank gewettig word, maar dat mense dit in hul huise gebruik.

Luister na potgooie hieronder