President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek

Die presidensie het bevestig dat President Cyril Ramaphosa vanaand om 8-uur die land sal toespreek.

Netwerk24 berig dat hy van ‘n betroubare bron verneem het dat Ramaphosa moontlik die land weer terug sal skuif na vlak 2.

Volgens die vorige vlak 2 regulasies beteken dit dat strande, parke en riviere weer oopgestel kan word.

Dit kan ook beteken dat alkoholverkope weer toegelaat sal word op sekere tye van die week.

Die skuif na vlak 2 kan ook ‘n effek hê op die aandklokreël.

Luister na potgooie hieronder