President Cyril Ramaphosa sal vanmiddag vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord

 President Cyril Ramaphosa sal vanmiddag vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord

President Cyril Ramaphosa sal Donderdagmiddag vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord.

Hy sal onder meer vrae moet beantwoord oor die moontlike uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing wat vir Oktober geskeduleer is.

Luidens berigte is daar vrae oor die onafhanklike paneel wat aangestel is deur die Verkiesingskommissie om te kyk na die moontlike impak van die Covid-19 pandemie nadat die verkiesingdatum aangekondig is.

Ramaphosa sal ook moet kommentaar lewer oor of hy die verkiesing sal uitstel indien dit ‘n aanbeveling is van die paneel.

Daar word verder verwag dat hy vrae deur LPs sal moet antwoord oor hoe die stryd teen geslagsgeweld verder versterk sal word, asook die herstel van gevandaliseerde, beskadigde en gesteelde infrastruktuur gedurende verlede jaar se grendeltyd.

LeandreAdmin@