President Cyril Ramaphosa sê daar behoort geen verskoning of regverdiging te wees vir kinderarbeid nie. Hy het gisteraand die vyfde wêreldkonferensie oor die uitwissing van kinderarbeid geopen. Suid-Afrika bied die konferensie in vennootskap met die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) aan. Sowat tweeduisend afgevaardigdes van meer as 180 lande gaan die konferensie bywoon. Ramaphosa sê kinderarbeid is ʼn vyand van ons kinders se ontwikkeling en die wêreld se vooruitgang. Lande moet nie hulle sukses en rykdom op die rug van kinders bou nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×