President Cyril Ramaphosa sê die land se ekonomiese herstel hang af van hoe die werkskeppingspotensiaal van die digitale ekonomie benut word

President Cyril Ramaphosa sê die land se ekonomiese herstel na die Covid-19 pandemie sal afhang van hoe die werkskeppingspotensiaal van die digitale ekonomie benut word.

In sy weeklikse brief het Ramaphosa gesê dat Suid-Afrika verlede week eerste op ‘n wêreldranglys geplaas is as ‘n bestemming vir wêreldwye sakedienste.

Die ranglys kom uit ‘n opname van 800 bestuurslede uit agt lande, insluitend Amerika, Brittanje, Kanada, Australië, Frankryk en Duitsland.

Volgens hom het die gesofistikeerde digitale infrastruktuur insluitend mobiele netwerke en hoë spoed breëbandinternet ‘n groot rol gespeel.

President Ramaphosa sê die sektor genereer bykans twee miljard rand per jaar en lok beduidende kapitaalbeleggings.

Luister na potgooie hieronder