President Cyril Ramaphosa sê die regering ondersoek die moontlikheid om die coronavirus-ramptoestand te beëindig. Ramaphosa sê danksy die dalende infeksiesyfers in Suid-Afrika, kyk die regering se coronavirusbevelsraad of alternatiewe metodes ingespan kan word om die pandemie te bestuur. Die ramptoestand geld al sedert die begin van die pandemie in 2020. Ramaphosa het die aanmerkings by die bekendstelling van ‘n enstofvervaardigingskampus op Brackenfell in Kaapstad gemaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×