Kenners meen President Cyril Ramaphosa was duidelik uit voeling met die werklikheid van gewone Suid-Afrikaners en het gisteraand tydens die parlementsopening gesê dit was nie sy laaste staatsrede nie want die mense van die land sal dit nog ‘n keer moontlik maak.

Netwerk 24 berig Ramaphosa het gesê die laaste vyf jaar was ‘n tydperk van herstel, heropbou en vernuwing na dekades van agteruitgang asook ‘n era van staatskaping. Hy het gesê die regering sal instaat wees om die ekonomie te laat herleef en die krag-en logistieke krisis op te los. Daar sal voortgegaan word om wetstoepassingsagentskappe te versterk, korrupsie te beveg en plaaslike regering reg te ruk.

Die staatsdiens sal geprofessionaliseer word om die land beter te dien en amptenare wat misdrywe pleeg, sal aanspreeklik gehou word. Die ekonomie sal ook in ‘n veranderende wêreld geherposisioneer word. Ramaphosa het veral klem gelê op die verbeteringe onder die ANC die afgelope 30-jaar en het geen staatmanskap aan die dag gelê nie..

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×