President Cyril Ramaphosa sê hy bestudeer nog die Openbare Beskemer, Busisiwe Mkhwebane, se redes oor waarom sy nie geskors moet word nie. Die president het Mkhwebane in Maart gevra om redes te verskaf, nadat die speaker van die Nasionale Vergadering bevestig het dat ‘n Artikel 194-komitee begin het met die ondersoek na haar geskiktheid vir die amp. Mkhwebane is in 2016 in die pos aangestel en haar politieke en regsprobleme het kort daarna begin. In 2017 het sy ‘n verslag oor die Reserwebank se reddingsboei aan Bankorp gedurende die apartheidera uitgereik, en Absa beveel om die hulp van een-komma-een miljard rand terug betaal. Die Reserwebank is opdrag gegee om sy mandaat te verander. Die Konstitusionele Hof het in 2018 die verslag omgekeer. Dit was die begin van talle uitsprake teen Mkhwebane.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×