Ramaphosa ‘verwelkom’ Marikana-hofuitspraak

Dat Suid-Afrika hom nie meer aan die Internasionale Strafhof gaan onttrek nie, is laat gistraand in ‘n verklaring van die presidensie bekend gemaak.

Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die ANC se besluit, dat Suid-Afrika hom aan dié hof moet onttrek, slegs ure tevore bevestig het.

Netwerk24 berig Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het gesê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, se stelling wat hy gister hieroor gemaak het, “was ’n fout”.

Magwenya het bygevoeg dat Ramaphosa die besluit oor Suid-Afrika se onttrekking ongelukkig “verkeerdelik bevestig het”.

Luidens die verklaring bly Suid-Afrika dus sonder enige twyfel ’n ondertekenaar van die Internasionale Strafhof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×