President Cyril Ramaphosa sê hy was nie bewus van die hegte verhouding tussen Gigaba en die Guptas nie

President Cyril Ramaphosa is besig met sy getuienis by die kommissie van ondersoek na staatskaping.

Ramaphosa het reeds aan die kommissie gesê dat kommer oor korrupsie en die Guptas reeds in 2011 ontstaan het, maar dat verskeie strukture dié betrokkenes beskerm het.

Die president getuig vir die tweede agtereenvolgende dag voor die kommissie.

Hy is die kommissie se laaste getuie.

Ramaphosa het verder aan die voorsitter, adjunk-hoofregter Raymond Zondo, gesê hy was nie bewus van die hegte verhouding tussen die voormalige kabinetsminister, Malusi Gigaba en die Guptas nie.

Luister na potgooie hieronder