Om te sê dat Suid-Afrika hom in ‘n buitengewone tyd ten opsigte van sy demokrasie bevind, is waarskynlik ‘n reuse eufemisme.

Woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, meen dit is inderdaad die geval, en die refrein wat in feitlik al sy kommunikasie deurskemer, is dat besluite wat President Cyril Ramaphosa nou neem, nie in eie belang is nie, maar in dié van die land.

Die verwagting is geskep dat die huidige president sy mede-Suid-Afrikaners, gisteraand oor sy planne sou inlig, nadat dit aan die lig gekom het dat daar moontlik genoeg bewyse is om die beleërde leier in ‘n staat van beskuldiging te plaas.

Hierdie toespraak het toe egter nooit gister plaasgevind nie, aangesien Ramaphosa sê hy dra die land se beste belange op die hart en dat hy daarom nie ‘n oorhaastige besluit kan of sal neem nie.

Die bevindings wat deur ‘n onderoekpeaneel gemaak is hou verband met beweerde misdrywe op die president se Phala Phala-wildsplaas in Limpopo.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×