President Cyril Ramaphosa sê onderwys en onderrig moet ooreenstem met die veranderende wêreld van tegnologie

President Cyril Ramaphosa het tydens die Departement van Basiese Onderwys se virtuele vergadering vanoggend beklemtoon dat die benadering tot onderwys en onderrig moet ooreenstem met die voortdurende veranderende wêreld van tegnologie.

Volgens Ramaphosa is dit noodsaaklik om te verseker dat die kwaliteit van onderrig aan behoorlike standaarde voldoen.

Hy sê daar moet sterk fokus geplaas word op grondslagfase-onderrig en dat tegnologie reeds in dié kurrikulum ingesluit moet wees sodat kinders reeds op intreevlak vir die toekoms voor berei kan word.

Die nuwe kurrikulum vir Basiese Onderwys sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word.

Luister na potgooie hieronder