President Cyril Ramaphosa het vandag in sy openingstoespraak op die vyfde Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie gesê die gebrek aan betroubare krag knou die land se beeld en benadeel besluite oor beleggings in die land. Hy het gesê die land dra die gevolge van jare van onderbelegging, wanbestuur en korrupsie in die krag-, spoor- en logistieke sektor. Ramaphosa het egter benadruk Suid-Afrika is steeds ‘n uitstekende keuse vir beleggers. Die jaarlikse konferensie, waarvan die eerste in 2018 gehou is, het as mikpunt gehad om binne vyf-jaar R1 200 miljard se regstreekse beleggings na SA te lok. Ramaphosa het gesê die teiken is wel vanjaar behaal. Ramaphosa het voor meer as ‘n duisend afgevaardigdes, sakelui, en politici van die buiteland, erken dat SA gebuk gaan onder haglike vlakke van korrupsie en misdaad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×