Die toespraak van Pres Cyril Ramaphosa om ‘n vakansiedag op 15 Desember aan te kondig, is gebruik om die ANC agenda te bevorder. So het verskeie politieke partye en organisasies gereageer na die president se toespraak Maandagaand. Die uitvoerende hoof van die organisasie teen belasting misbruik, of Outa, Willie Duvenhage, het aan Netwerk 24 gesê die familievergadering was niks anders as ‘n politieke toespraak nie. Duvenhage het gesê die toespraak het probeer om ‘n goeie prentjie te skets van ‘n haglike situasie en die ekonomie wat deur sy eie party, die ANC, vernietig is. Die EFF het ook die vakansiedag gekritiseer en gesê 15 Desember is reeds in die vakansietydperk met meeste sakeondernemings en bedrywe wat klaar gesluit is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×