President Cyril Ramaphosa spreek vanaand om agtuur die nasie toe. Daar word wyd bespiegel dat dit oor ʼn moontlike vakansiedag gaan na die Sprinbokke se oorwinning Saterdagaand. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het gistermiddag bevestig dat vandag nie ʼn openbare vakansiedag is nie. Hy sê vandag is die eerste dag van die matriekeksamen en ʼn vakansiedag sou die eksamenrooster erg ontwrig. Nuus dat die president vandag as ʼn vakansiedag toegestaan het, is dus vals.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×