President Cyril Ramaphosa het luidens berigte ‘n streep in die sand getrek en aan die DA gesê hy beoog om onderhandelinge oor die regering van nasionale eenheid vandag af te handel. Dít voor die verwagte aanstelling van sy kabinet. Onderhandelinge het gister amper op ʼn krisis uitgeloop.

In ʼn uitgelekte brief van die president na die DA het hy dit duidelik gemaak dat die land nie in die huidige toestand van verlamming kan voortgaan nie. Daar is heen-en-weer beskuldigings tussen die ANC en die DA terwyl hulle probeer om ‘n magsdelingsooreenkoms te beding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×