President Cyril Ramaphosa het gisteraand tydens ‘n regstreekse uitsending op SABC TV aangekondig dat Vrydag 15 Desember as ‘n openbare vakansiedag verklaar word om die Springbokke se oorwinning van die Wêreldbeker te vier. Ramaphosa het gesê die dag sal ‘n dag van nasionale eenheid en hoop wees omdat die Springbokke vir die land gewys het dat enigiets moontlik is. Soos die Springbokke, kan die land alles oorkom. Dit sal ook ‘n dag wees vir die Protea-krieketspan en Banyana Banyana wat vanjaar tot die wêreldbeker se uitspeelrondtes gevorder het. Ramaphosa het gesê hy sal die Springbokke ook by die Uniegeboue ontvang. Die vakansie dag is eers later omdat die matrieks tans hul eindeksamen skryf. Ramaphosa het ook in sy toespraak wat langer as ‘n halfuur geduur het, verwys na die ekonomie wat stadig groei en die land se uitdagings met beurtkrag en korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×