President Cyril Ramaphosa veroordeel die beweerde intimidasie deur ‘n groep van sowat 100 betogers wat Vrydagaand buite die private huis van KwaZulu-Natalse premier Nomusa Dube-Ncube saamgedrom het. Die president sê hy verwelkom die ondersoek na die voorval. Ramaphosa wens die Dube-Ncube familie sterkte toe in die nadraai van die teistering.