President Cyril Ramaphosa het die direksie van Eskom versoek om die goedgekeurde 18,65% kragtariefverhoging wat in April in werking tree, vir eers op te skort.
Die direksie oorweeg skynbaar sy versoek, aangesien dit nie regverdig is om kragpryse te verhoog terwyl daar beurtkrag is nie.
Volksblad berig dit is volgens Ramaphosa toe hy gister by die Vrystaatse ANC se 9de provinsiale konferensie buite Bloemfontein gepraat het.
Hy het gesê dit is die Suid-Afrikaanse Nasionale Energiereguleerder, of Nersa, se voorstel om die kragprys met meer as 18% te verhoog.
Eskom het Nersa aanvanklik goedkeuring vir ‘n kragprys-verhoging van meer as 30% gevra.