Die idee dat ‘n vrou se plek in die huis is, moet verander, sê President Cyril Ramaphosa.

Daar word dikwels van vroue verwag wat werk om eerder huiswerk te doen en na kinders om te sien.

Die regering is vasbeslote om die siening in die land te verander het Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief geskryf.

Dit is moeilik om werk te kry, ‘n goeie salaris te verdien, bevordering te kry of ‘n nuwe onderneming te begin.

Ramaphosa het oor vroue die week gepraat omdat dit Woensdag Internasionale Vrouedag is.

Ramaphosa het erken dat daar steeds ‘n groot gaping is tussen mans en vroue wat die ekonomie betref.

Hy sê almal moet harder werk om die gaping tussen mans en vrouens te verklein en binne ‘n generasie uit te wis.

Vroue moet ‘n gelyke deelname aan die ekonomie hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×