President Cyril Ramaphosa het aan beleggers in New York gesê Suid-Afrika is terug op die koers wat deur wyle oudpresident, Nelson Mandela, beplan is. Ramaphosa het Amerika besoek om die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering by te woon. Hy het ook die New Yorkse aandelebeurs besoek.
Die president het met beleggers geskerts en vir hulle gesê Suid-Afrika het meer beleggings nodig. Die rand het positief gereageer op die president se verbintenisse vandeesweek in Amerika.