Pres Cyril Ramaphosa het nog twee wette bekragtig. Dit is die Wysingingswetsontwerp op die Nasionale Vervolgingsgesag asook die Wet op die Nasionale Raad op Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord wat vandag by die Unigeboue as landswette onderteken is.
Ramaphosa het gesê die misdadigheid en gevolge van korrupsie en geslagsgeweld is verwoestend vir die land. Hy het volgens Netwerk 24 gesê die bekragtiging van die twee wette dui op sy administrasie se vasbeslotenheid om voort te gaan met die skep van ‘n etiese en bekwame staat met sterk instellings wat die mandaat het om die lewe van elke landsburger te verbeter.