President Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, het vergader om kabinetsaanstellings te bespreek. Maandag se vergadering het gevolg op die uitlek van ‘n brief van die DA wat sy eise vir kabinetsposte toon.
Luidens die brief wil die DA 11 kabinetsposte en hul adjunkposisies hê. Die ANC het politieke partye wat eise vir kabinetsposisies stel, gekritiseer. Ramaphosa sal na verwagting binnekort die nuwe kabinet aankondig.