President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die Nasionale Gesondheidsversekerings-wetsontwerp as wet onderteken voor vanjaar se verkiesing. Opposisiepartye en die private sektor het ernstige kommer oor die wetsontwerp uitgespreek.
Kenners waarsku dat dit waarskynlik regsuitdagings in die gesig gaan staar as dit in sy huidige vorm aanvaar word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit is ‘n prioriteit om die wetsontwerp as wet te onderteken sodat volledige implementering kan plaasvind.