President Cyril Ramaphosa sal vanoggend die Rugbywêreldbekerkampioene, die Springbokke, in die Uniegebou in Pretoria verwelkom. Die verwelkomingseremonie by die Uniegebou vir die nasionale span is ook die begin van die Rugbywêreldkampioene se Nasionale Trofeetoer. Die span het Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe geland. Die span sal vandag tydens die Webb Ellisbeker-parade eerste deur Pretoria, Johannesburg en Soweto ry en Vrydag na Kaapstad vertrek. Durban kom Saterdag aan die beurt en Sondag sluit die toer af in Oos-Londen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×