President Ramaphosa het beklemtoon dat ‘n harde inperking…

President Cyril Ramaphosa het verskeie aanpassings aan die
huidige inperkingsregulasies aangekondig met die oog op die
komende Kers-seisoen. President Ramaphosa het
beklemtoon dat ‘n harde inperking nie nou die oplossing is
nie, maar dat die publiek nou huidige regulasies meer ernstig
moet opneem.
Volgens Ramaphosa is die land nou midde-in ‘n tweede vlaag
van infeksies, met die Sarah Baartman-distrik, sowel as die
Tuinroete wat ook nou tot brandpunte verklaar is. Hulle sal
nou aan dieselfde regulasies as in die Nelson
Mandelabaai-metro onderwerp word en vanaf middernag
vanaand tot verdere kennisgewing. Die Oos- en Wes-Kaap
sowel as KwaZulu-Natal en Gauteng is aan die spits van die
tweede vlaag van infeksies.
Verdere regulasies wat vanaf vanaand om middernag regoor
die land geld, sluit in die verpligte dra van maskers in die
openbaar en op publieke vervoersisteme en ook by die werk.
Sosiale byeenkomste sowel as geestelike byeenkomste word
beperk tot nie meer as 100 binnenshuis of 250 mense
buitenshuis nie. En maskers en sosiale afstand is verpligtend.
Die president het ook strandgangers hierdie vakansie
ingeperk. In die brandpunt-areas sal strande en parke

permanent gesluit wees vanaf 16 Desember tot 4 Januarie. In
KwaZulu-Natal sal strande en park gesluit wees op 16, 25, 26
en 31 Desember sowel as 1 tot 3 Januarie. In die Noord-Kaap
en Wes-Kaap sal strande en parke oopbly. Die aandklokreel is
ook aangepas en geld nou van 11-uur saans tot 4 uur
soggens. Restaurante en drinkplekke moet saans om 10-uur
sluit, terwyl die verkoop van drank net toegelaat sal word van
Maandae tot Donderdae van 10-uur soggens tot 6 uur saans.

Luister na potgooie hieronder