President Ramaphosa het bewerings ontken dat hy betrokke was by ‘n tender vir die oprigting van ‘n skool in die Vrystaat

President Cyril Ramaphosa het bewerings ontken dat hy betrokke was by ‘n tender vir die oprigting van ‘n skool in die Vrystaat. Hy het gereageer op berigte dat die Shanduka-groep, ‘n maatskappy wat hy gestig het, in 2015 ‘n kontrak gekry het vir die oprigting van ‘n skool in die provinsie. Volgens berigte is ‘n aanklag in dié verband die afgelope week by die Sandton-polisiestasie ingedien. Die waarnemende woordvoerder van die Presidensie, Tyrone Seale, sê die berig bevat ooglopende foute. Seale sê egter die waarheid is dat Shanduka in 2013, 100-miljoen-rand aan ‘n skool in die Vrystaat bewillig het. Hy sê Shanduka en die Kagiso Trust het in werklikheid 280 miljoen rand tot verskeie skole in die provinsie bygedra en het geen voordeel getrek uit die oprigting van enige skool nie.

Luister na potgooie hieronder