President Cyril Ramaphosa moet nader aan die huis kyk as hy iemand van oorlogsmisdade wil aankla. So het Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid van die drukgroep Action Society gesê in reaksie op die Instituut vir Sekerheidstudies wat bekendgemaak het dat die moordsyfer in Suid-Afrika die hoogste is die afgelope 20-jaar. Maroela Media berig Cameron het gesê terwyl Ramaphosa aanklagte van oorlogsmisdade in die Israel-Palestina konflik aanhangig wil maak, mis hy die oorlog wat in sy eie agterplaas aan die gang is en die persoon wat die aanklag moet kry, die minister van polisie, Bheki Cele, is. Die misdaadsyfers vir die tweede kwartaal word vandag deur Cele bekendgemaak en volgens Cameron verwag hy dat dit ‘n bloedbad gaan wees.