President Cyril Ramaphosa se kabinet is gister as lede van die Nasionale Uitvoerende Gesag ingesweer. Die seremonie het in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum in die Wes-Kaap plaasgevind.
Ramaphosa sê die nuwe nasionale bestuur vorm die sewende demokratiese administrasie as ‘n regering van nasionale eenheid. Hy het die beëdiging van die adjunkpresident, 32 ministers en 43 adjunkte wat hy in die kabinet aangestel het, waargeneem.