President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering as wet
onderteken. Die wet maak voorsiening vir die vestiging van ‘n mededingende
elektrisiteitsmark om op die land se energietekort te reageer. Dit versterk ook die
beskerming van openbare infrastruktuur, met die implementering van boetes van tot een
miljoen rand of vyf jaar tronkstraf vir enigiemand wat skuldig bevind word aan die
beskadiging of sabotering van infrastruktuur. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent
Magwenya, sê die wet sal lei tot ‘n styging van hernubare energie en dus laer
energiepryse.