President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsaangeleenthede as wet onderteken.

Dit is ondanks pleidooie van verskeie opposisiepartye om nie in te stem tot die wetsontwerp nie.
Die wetsontwerp maak voorsiening vir onafhanklike kandidate om fondse van die Veelparty-demokrasiefonds te ontvang.
Die wet skrap ook ‘n perk op skenkings aan politieke partye en openbare verklarings van private befondsing.
Intussen sal die Nasionale Vergadering ‘n mosie oorweeg om onverklaarde partyskenkings te voorkom.
Die huis sal die mosie volgende Donderdag aanhoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×