President Cyril Ramaphosa sal die verkiesingsdatum binne 15 dae na sy staatsrede aankondig. Ontleders het voorspel dat die president môre die staatsrede sal gebruik om die datum aan te kondig. Suid-Afrikaners sal vanjaar in die provinsiale en nasionale verkiesing stem.

Die verkiesing moet tussen 21 Mei en 19 Augustus plaasvind. Dit moet volgens die Grondwet 90 dae nadat die huidige Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers se termyn verstryk het, gehou word. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, het vandag aan die media gesê die regering besef dit is die vraag op almal se lippe wanneer die datum aangekondig sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×