President Ramaphosa sê die ANC het fokus-gebiede vir ekonomiese groei verfyn

President Cyril Ramaphosa sê die ANC het fokus-gebiede vir ekonomiese groei in Suid-Afrika se herstelplan bespreek en verfyn.

Ramaphosa het die naweek in sy afsluitingstoespraak ná die ANC se nasionale uitvoerende komitee se lekgotla gesê die klem val op ekonomiese groei en strukturele ongelykheid.

Hy voeg by dat die rigting en snelheid van ekonomiese herstel van ’n paar belangrike kwessies afhang.

Ramaphosa het verder ook die land se hoë misdaadvlakke, waaronder geslagsgeweld en toenemende korrupsie erg veroordeel.

Luister na potgooie hieronder