President Cyril Ramaphosa het in sy slottoespraak op die ANC Vroueliga se verkiesingskonferensie gesê die liga se nuwe leierskap moet fokus op ekonomiese en maatskaplike bemagtiging van vroue. Die konferensie het gisteraand in Nasrec in Johannesburg tot ʼn einde gekom nadat die liga suksesvol sy nuwe leierskap verkies het.  Hy het gesê die party se vroueliga het ʼn belangrike rol om te speel om gelykheid vir vroue in elke sfeer van die samelewing te behaal. Die liga moet ook die voorpunt wees van die geveg teen geweld teen vroue. Die nuwe president van die vroueliga is Sisi Tolashe, adjunk-minister in die presidensie belas met vroue, die jeug en mense met gestremdhede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×