Dit is vandeesweek presies twee jaar sedert die Zondo-kommissie van Ondersoek na Staatskaping sy laaste openbare verhoor gehou het.

President Cyril Ramaphosa meld vandag in sy weeklikse nuusbrief dat daar reeds beduidende vordering gemaak is met die kommissie se 205 aanbevelings.

Beslagleggingsbevele van R13-miljard is aan die Nasionale Vervolgingsgesag toegestaan.

Hiermee tesame is R5,4-miljard, wat onregmatig van die staat bekom is, opgespoor en aan die staat terugbesorg.

Die kommissie het getuienis van meer as 300 getuies aangehoor, en het meer as 1,7 miljoen bladsye as dokumentêre bewysstukke ingesamel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×