Pres Cyril Ramaphosa sê alles word moontlik gedoen om kiesers se veiligheid tydens vanjaar se verkiesing te beskerm. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê ministers in die veiligheidsgroepering het reeds vergader om planne te beraam indien daar geweld uitbreek.

Dit geld veral in KwaZulu-Natal waar geweld kan uitbreek weens toenemende spanning tussen die ANC en die MK-party. Magwenya het gesê daar is geen plek vir geweld in ‘n demokrasie nie. Netwerk 24 berig hy het verwys na oudpres Jacob Zuma se MK-party sonder om name te noem nadat die party reeds met geweld gedreig het as sy registrasie vir die verkiesing ongedaan gemaak word of as Zuma nie parlement toe kan gaan nie. Die saak waarin die Verkiesingskommissie, of OVK, en die ANC die registrasie van die MK-party betwis, word Dinsdag in die kieshof aangehoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×