President Cyril Ramaphosa sê terreurdade en gewelddadige ekstremisme wat lei tot lewensverlies, en die verplasing van mense, veral vroue en kinders, kan nie toegelaat word om voort te gaan sonder reaksie nie. Dít tydens sy openingstoespraak by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se buitengewone beraad wat vandag in Malawi gehou is. Die doel is om die vordering van die SAOG militêre sending in Mosambiek, wat tot 15 Januarie ontplooi is, te hersien. SAOG het onderneem om Mosambiek te ondersteun om terrorisme en dade van gewelddadige ekstremisme in die Cabo Delgado-provinsie te bekamp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×