Cyril Ramaphosa is die president van die 7de demokratiese administrasie van Suid-Afrika. Hoofregter Raymond Zondo het om presies 25 minute oor twaalf aangekondig dat Ramaphosa kragtens die Grondwet ingesweer is, om die land se mense vir ‘n tweede termyn as president te dien.

Die president het in sy inhuldigingstoespraak onder meer spesiale meldig gemaak daarvan dat die regering geen steen onaangeroer sal laat om vroue in Suid-Afrika op die hef nie. Geweld teen vroue en kinders moet ook met wortel en tak uitgeroei word. Werkloosheid, met spesifieke fokus op die land se jeug, en misdaad, is ook as prioriteit genoem. Daar word wyd verwag dat die president vandag nog die name van die lede van sy kabinet bekend sal maak.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê intussen die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid, beteken allermins dat aanspreeklikheid verdwyn nie. Steenshuisen het gereageer op vrae oor die Phala Phala-sage, en moontlike optrede teen president Cyril Ramaphosa. Hy het aan Newzroom Afrika gesê dat die Phala Phala-aangeleentheid is nie bespreek as deel van die RNE-onderhandelinge tussen die DA en die ANC nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×