President Cyril Ramaphosa gaan Woensdag, presies twee weke voor die verkiesing, die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, teken. Die presidensie sê in ‘n verklaring die ondertekeningseremonie sal twee-uur by die Unie-gebou plaasvind.

Die wetgewing is gemik op die lewering van universele gesondheidsorg vir almal maar het uit verskeie oorde teenkanting gekry. Talle organisasies het reeds aangedui dat hulle gereed is om die wetgewing in die hof te beveg, sou dit deurgevoer word. Volgens die Daily Maverick sal dit die land een-triljoen-rand kos om die volle NGV in werking te stel. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×