President Cyril Ramaphosa het die Orde van Mendi vir Dapperheid aan sekere ontslape anti-apartheidsaktiviste toegeken. Netwerk24 berig die president het ook erkenning aan joernaliste gegee vir hulle bydrae in die jare wat demokrasiewording vooraf gegaan het.
Hy sê daar is legendariese joernaliste wat die stem, woorde en bewustheid van die onderdruktes was tydens die donkerste tye van die land se geskiedenis. Die nasionale ordes is die hoogste bewyse van eer wat deur die Suid-Afrikaanse staatshoof toegeken word