President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap, vennote en organisasies gedoen om voorraad van apokke-entstowwe in Afrika vry te stel.

Dit kom omdat baie streke in die Afrika-unie ‘n toename in apokke-gevalle en sterftes sedert die begin van die jaar ervaar het. Minstens tweeduisend-822 bevestigde gevalle, ongeveer 14-duisend-719 vermeende gevalle en 517 sterftes is in 13 lande op die vasteland aangemeld.

Ramaphosa sê hy is diep bekommerd oor die vinnige verspreiding van die siekte. Hy sê hy sal voortgaan met pogings om ‘n pandemie te help voorkom en om voldoende ondersteuning en fondsinsameling vir geaffekteerde lande te verseker.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×