President Cyril Ramaphosa vra vir meer fondse om lande te help wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering. Ramaphosa het gister die COP28-beraad oor klimaatsverandering in Doebai toegespreek. Hy het beklemtoon dat Afrika-lande die kwesbaarste is vir die uitwerking van klimaatsverandering. Ramaphosa sê hierdie lande moet aanpas en veerkragtigheid bou met uiters beperkte kapasiteit. Die president verwelkom beloftes wat gemaak is om hierdie lande te help.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×