Ramaphosa beplan glo ‘familievergadering’ oor kragkrisis

Terwyl die Phala Phala-sage om sy kop woed, word president Cyril Ramaphosa vandeesweek koning Charles die derde van Brittanje se eerste amptelike staatsbesoeker.

Dit beteken die Suid-Afrikaanse president is heel bo aan die uitnodigingslys sedert Charles in September heerser geword het, met die dood van sy ma, wyle koningin Elizabeth die tweede.

Presies waaroor die twee leiers gaan gesels is nog nie duidelik nie, maar dit blyk dat hulle dalk katvoet sal moet wees oor sekere kwessies.

Volgens ‘n kenner, moet Brittanje dit liefs vermy om Suid-Afrika aan te spreek oor die land se stemrekord in die Verenigde Nasies oor Oekraïne.

Hy het gesê klimaatsverandering, handel en Charles se visie vir die Britse Statebond sal waarskynlik hoog op die agenda wees.

Ramaphosa arriveer vandag in Engeland.

Die program sluit ‘n staatsbanket by Buckingham-paleis in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×