President Cyril Ramaphosa sê hy onderteken vandag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, aangesien ongelykheid in die land einde moet kry. Volgens die president sál daar gelykheid in Suid-Afrika wees, selfs al lyk dit of sekere mense nie hiervan hou nie.

Talle groepe en organisasies sê dat hulle oorgehaal is om met hofstappe te begin terwyl die ink van Ramaphosa se handtekening besig is om droog te word. Die burgerregteorganisasie, AfriForum se Louis Boshoff sê die mense wat dit die nodigste het, sal nie by die nuwe wet baat nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×