President Cyril Ramaphosa sê werkgewers moet nie ondervinding as ‘n vereiste stel nie, maar moet jongmense eenvoudig net aanstel.

Hy het opnuut ‘n beroep op die private sektor gedoen om nié gekwalifiseerde jongmense uit die arbeidsmark te hou net omdat hulle nie ondervinding het nie.

Ramaphosa het jongmense in Belhar in Kaapstad toegespreek. SABC-nuus berig die President sê dié programme het meer as 1,8 miljoen werksgeleenthede geskep.

Ramaphosa sê meer geleenthede moet egter beskikbaar gestel word sodat jongmense ondervinding in die werkplek kan opdoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×